document.write('\r\n\r\n
Meneer
\r\n\r\n
\r\n \r\n Kan jy nie sien
dat ons wêreld heeltemal stukkend is nie?
My vriend, kom wys my bevryding asseblief
Ek is oorlaai met bekommernis
en eensame onsekerheid
Gun my ’n kans om vir regverdigheid te pleit

Moet my asseblief nie in hulle boksie plaas nie
ek is anders, ek glo – ek glo in ’n hoopvolle generasie

Meneer kom cure hierdie land, asseblief
Want ons strate en oë en harte is hopeloos verlate

Jy sal nie sien
as jy aanhou kyk deur die verlede se stukkende oë nie
Meneer kom cure my seer, asseblief
Jy sal nie sien as jy nie om jou begin kyk nie
Meneer, sê my ek is meer as net naïef

Moet my asseblief nie in hulle boksie plaas nie
ek is anders, ek glo – ek glo in ’n hoopvolle generasie

Meneer kom cure hierdie land, asseblief
Asseblief\r\n
\r\n \r\n
\r\n\r\n
Golflengte Verkeerdom
\r\n\r\n
\r\n \r\n Soms kom die twyfel terug en dan wonder ek wie ek is en
jy het dit mos nooit van my verwag nie
Almal lyk dan so gelukkig
Het jy al jouself gevind?
Vermy jy net die waarheid? Of is jy regtig blind?

Dis te maklik om goed te doen wat
Niks beteken nie net om almal tevrede te stel
Dis te maklik vir almal om alles prys te gee
Ter wille van ’n onvervulde self
Wat glimlag vir ander mense en nooit, ooit huil nie
Solank jy net nie in die spieël hoef te kyk nie

Koor:
Ek ervaar alles verkeerdom
En al antwoord op al my vrae
Is “Hoekom?”
En ek wens ek kon vir jou wys
Hoe my werklikheid lyk
Maar ek wonder of jy dit sal verstaan

Alles draai presies uit soos wat ek
Dit nie voorgestel het nie en
Ek wens ek kon myself weer vind
Tussen alles wat so onnodig,
maar onvermydelik is

Dis te maklik om goed te doen wat niks
Beteken nie, net om jouself te laat geld
Dis te maklik vir almal om
hartgebroke voor te kom
sodat jy ook jou storie kan vertel

Koor

As daar dalk ‘n luisteraar daar buite is
wat weet wat die antwoord is
En as daar dalk iemand daar buite is
wat kan onthou wat die vraag is –
Bel, en sê vir my jy het dit gekry en
As ek nie beskikbaar is nie
Los ’n raaisel na die sein

Koor
\r\n
\r\n \r\n
\r\n\r\n
Donker
\r\n\r\n
\r\n \r\n Die nag gryp my vas
die vrees verstrengel my stem
Kan mens gister skoonwas en dan vandag se stryd wen?
’n Vraagteken krul
om allles, om my
my dwaeldromer antwoorde laat my weer vry

Ek is nie bang vir die donker nie
Ek is net bang vir alleen
Ek wil weer vandag jou woorde proe
Jou hand in myne voel
terwyl jou sag my hart stukkend spoel

Die wil beveel my om die woorde te sluk
terwyl die soet sag vol van my lippe drup
Ek hou myself vas, onseker, terug
Voordat ek kan ophou soen jy my gesig

Ek is nie bang vir die donker nie
Ek is net bang vir alleen
Ek wil weer vandag jou woorde proe
Jou hand in myne voel
terwyl jou sag my hart stukkend spoel\r\n
\r\n \r\n
\r\n\r\n\r\n\r\n');