document.write('\n'); document.write('\n'); document.write('\n'); document.write('\n'); document.write('\n'); document.write('\n'); document.write('\n'); document.write('\n'); document.write('\n'); document.write('\n'); document.write('\n'); document.write('\n'); document.write('\n'); document.write('\n'); document.write('\n'); document.write('\n'); document.write('\n'); document.write('
01/07/2008Vinnige Hallloooo................

Wel wat moet ek se en waarmee begin ek………?

OK, kom ons vat eers die maand wat verby is dan kyk ons terug na wat alles gebeur het.........

Dinge het maar woes gegaan die maand met baie gigs, vêr ry en min slaap.
Fort Coepiba was goed en die mense daar het nogsteeds geen einde nie. Dankie vir julle daar (Kerneels en Marisa). Dit voel nooit soos werk nie.

Ek was die maand wat verby is so 3 keer by die Duitse Klub in Vanderbijlpark en ek kan nogsteeds nie glo dat daar so ’n lekker klein plekkie in Vanderbijl is nie. Kyk ook uit vir die datums in Augustus wanneer ek weer daar gaan sing. Ek vat eers ’n Vanderbijlbreuk in Julie.
Dan ook natuurlik............................

Die Innibos fees.
Ek dink dit is nou offisieel die grootste fees in ons land want wraggies, waar kom al daai mense vandaan???? Lekker gefees, lekker gekuier en lekker geslaap in Witrivier. Dankie daarvoor.

Die ‘Duisend bottels’ musiek video is omtrent klaar en ek hoop julle hou darem daarvan..? Eks positief en dink dit is een van my beter musiek video’s tot op hede (nie dat ek dit gemaak het nie, hehe). Kyk maar uit vir die op die TV en laat weet my wat jy daarvan dink.

Hierdie maand lyk ook lekker en ek sit soveel moontlik van my gigs op die gig guide, so kom loer in en sê hi.

Geniet die maand wat voorlê en pas jouself op.
Mail my by md@mdgreyling.co.za
Groete
MD

01/06/2008Hoe gaan dit daar buite? Hier is dit vrek koud. Dis Pretoria, dis winter en dit reen.
Daar het ’n paar lekker interressante dinge gebeur die laaste maand of so. Lekker gegig. Nou praat ek van plekke soos Ellisras (Steve, jou pleke kook altyd) en Pietersburg by die Sterkloop lapa. Dit het net so baie gekook daar. Ek was altwee aande nog tot ver na 12 besig om mense te entertain, nie omdat ek dit moet doen vir die geld nie, maar omdat dit so lekker was dat ek glad nie van die verhoog af wou klim nie, hehe. Dit is mos dan wat ’n ou besef jy is regtig verslaaf aan wat jy doen vir ’n lewe. Ek put energie daaruit en dit dryf my om vroeg op te staan in die oggend en my lewe te geniet. Ek en Charlie (van Beeskraal) doen so ’n lekker 2 piece unplugged gig elke Donderdagaand by ‘MK Unplugged’. Dit is die lekkerste plek waar ek nog ooit in my lewe gegig het en die warm kaggel in die winter maak dit sommer baie gesellig daar. Kom maak ’n draaitjie want dit is net om die draai van Pretoria!!! E-mail my as jy wil weet hoe om daar uit te kom.

Vir die maand van Junie lyk my datums as volg:
3de Alberton
5de Fort Coepieba (Hoedspruit)
11de Busking Covers (Pretoria, maar E-mail my vir meer inligting)
12de MK Unplugged
13de Duitse Klub (Vanderbijl park)
19de Brits (Korfbalunie)
20ste Duitse Klub (Vanderbijl park)
21ste Swadini
26ste MK Unplugged
27ste Duitse Klub (Vanderbijl park)
28ste Innibos Kunstefees

Kyk asb. of jy ’n draaitjie kan maak enige tyd. Indien jy meer inligting wil kry kan jy my gerus E-mail by md@mdgreyling.co.za

My nuwe album ‘Binne my’ word goed aanvaar deur die publiek en ek is baie positief daaroor. Tans word die songs op meeste van die land se Afrikaanse radiostasies gespeel en ek sien dat ‘Hier is my Hart’ onder die top 10 liedjies van Radio Rippel gelys is. Dit maak my bly.
Ons is ook besig met ’n splinternuwe musiekvideo van een van die liedjies. Sy naam is ‘Duisend Bottels’ en ek kan nie wag dat dit op die TV gespeel word nie. Dis ook een van my gunsteling songs op die album. Kyk uit vir dit.

Mooi bly vir hierdie maand.
Ek sal julle almal op hoogte hou van my doen en late.
Dankie vir julle ondersteuning sover.

Groete
MD Greyling

22/04/2008Hi almal!!!!
Ek is so bly my nuwe album is klaar, uit en op die rakke!!!! So ‘n lang wag, maar dit was die moeite werd, want ek is baie gelukkig met die album. Sy naam is ‘Binne my’ en ek is baie opgewonde daaroor.
Die jaar het afgeskop met ‘n ‘bang’ en ekt glad nie eers tyd gehad vir ‘n vakansie na ons lekker Namibië toer nie. Ek was in die studio besig met my album en soos julle almal weet vat dit maar baie tyd.
KKNK was baie lekker soos alyd en ek was die week voor dit ook op ‘n baie lekker en suksesvolle Kaap toer. 15 dae en 6000km op die pad raak lank, maar dit bly ‘n jol!! Die mense in Victoria-Wes was baie aangenaam en hulle het ons stukkend bederf. Selfs toe dit al 2 uur in die oggend was wou ek nie van die verhoog afklim nie. Dis so lekker om vir mense musiek te maak wat dit waardeer. Kos vir my siel. In Langebaan was ons net so bederf en die show ongelooklik lekker. Dankie aan almal wat betrokke was en kom kyk het hoe ek en Hugo sing. Dis waar ek tuis voel.
Ek beplan om hierdie jaar baie meer op te tree as in die verlede so julle moet maar die gig guide dop hou en my asb. kom ondersteun. Ek gaan van nou af elke maand hierdie nuusbrief opdateer sodat julle lekker op hoogte gehou word van wat alles gebeur in my lewe.
Regtig, as jy enige iets wil uitvind of sommer net lekker wil gesels kan jy my e-mail by md@mdgreyling.co.za
Ek lees en reply op al my e-mails (ja noem my ‘n nerd, hehe) maar ek geniet die geselskap altyd.
Laat weet my wat julle dink van die nuwe album, ek hoor dis nie net ek wat dit geniet nie………………..
Groete daar!!!
MD Greyling
17/10/2007Die einde van die jaar kom nou al baie vinnig nader en daar is nog so baie goed om te doen tot dan:

- Die Rittelfees kom
- Ons toer in Desember in die Kaap
- En dan ook vanaf die 22 Desember tot 2 Januarie in Namibië saam met Hugo en Bok van Blerk.

Dan... is ek sterk besig in die studio met my nuwe album. Hieroor is ek baie opgewonde, want dit is nou al 3 jaar later en weer HOOOOOGGG tyd vir iets nuuts van my kant af. Eintlik moes dit al vroeër in die jaar gebeur het, maar dinge het net te woes gegaan en ek het nog nie al die liedjies gehad wat ek dink goed genoeg is nie. Ek voel dat ek eerder so ‘n klein bietjie langer sal wil wag en dan eerder die regte ding wil doen. Die deadlines is gestel en die CD sal teen einde Januarie 2008 die lig sien. Sien julle ook so baie uit daarna soos ek?

Die lewe werk snaaks met mens, jy dink jy is nog besig met sekere goed en jy DINK jy is besig met die regte goed, en dan sodra jy jou oë uitvee kom jy agter jy hardloop al amper heel agter in die groep. Dit kom mens natuurlik eers te laat agter.

O ja, amper vergeet ek. Ek en my sus het vir 10 dae so bietjie vakansie gaan hou op die Griekse eilande. Was dit nou vir jou lekker hoor! As jy ooit die geleentheid het om daar ‘n draai te maak moet jy dit nie misloop nie, AMAZING memories vir my oudag... he he he.

Ek is nou by nuwe agente wat my besprekings doen, en van nou af sal ek ook al my eie navrae deur hulle wil stuur. Dis eintlik baie beter so, want ek kry nie tyd vir alles nie en dit maak die dinge net soveel makliker as als net deur hulle gaan. Hulle is ‘Lulima Productions’ en hulle nommer is 079 874 0270.

Ek en Lulu van Der Walt het my show heeltemal herskryf en lekker struktuur aan alles gegee. Julle moet dit nie mis nie, dit is nou iets waaroor ek baie trots is hoor! Ek beplan ook ‘n landswye konsert toer, en as jy dalk belang stel om ‘n konsert in jou dorp te hou, skakel dan net die nommer hierbo en praat met Vicky. Ek’s baie lus om die land te toer!

Dankie vir al die mooi e-mails! Ek waardeer dit baie. Julle hoef nie op te hou nie, want ek belowe ek lees en reply op ALMAL! Dit kan jy doen by md@mdgreyling,co.za

Groete daar en ek skryf gou weer!

MD Greyling
\n');